Eksodus vertel die storie van die Israeliete se groot trek deur die woestyn na die Beloofde Land toe. In die tyd kry Moses die opdrag om die tabernakel (letterlik: “tent van ontmoeting”) op te rig. “Dáár sal Ek die Israeliete ontmoet en daar sal hulle geheilig word deur my magtige teenwoordigheid. Ek sal tussen die Israeliete woon en hulle God wees” (Eks. 29:43, 45). Dit sal die teken wees dat God by hulle sal wees!
Vier eeue later kry Salomo die opdrag om vir God ‘n tempel te bou. Daar – so beloof God - “Sal Ek tussen die Israeliete woon, Ek sal my volk Israel nie verlaat nie” (1 Kon 16:13). Tydens die Babiloniese ballingskap word die tempel vernietig. Die volk is gebroke (Psalm 139). Maar God bly getrou, en so kry Profeet Esra die opdrag om die tempel te herbou. Vir die Jode was die tempel álles! Dit was God se woonplek!
En nou is dit die Pinksterfees (Hand 2:1). Vanselfsprekend sou die tempel die ontmoetingsplek met God moes wees. Die skielike stormwind laat ‘n groot skare buite saamdrom (v6). Máár, (en dis belangrik!) niks gebeur by die tempel nie. Daar is “vuur wat in tonge verdeel” (v3), maar dis nie by waar die priesters offers bring nie. Kyk! Dit is bo die dak van ‘n gewone huis waar ‘n groepie Jesusvolgelinge wag. Dáár word die Heilige Gees uitgestort! God kies om op ‘n ander plek as die tempel te werk. God begin nuut. Van voor af. Kan jy jou die skok indink!
Dit bly my vraag aan myself: of ek (jy dalk ook?) God kan “toelaat” om anders op te tree as wat ons sou verwag? Of is ons geskok? Wil ons dalk steeds vir God in ‘n “boksie” hou?
GEBED: Gees van God, weerhou my daarvan om U werk te wil beheer. Hou my oop en ontvanklik vir U Goddelike verrassings.
KUNS-INSPIRASIE: “The tabernacle erected in the wilderness, surrounded by an enclosure and miles of tents. Coloured etching after W. Dic
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Brandpunt-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK: Op Dag 9 van #Brandpunt kyk ons na die pasvrygestelde musiek-video van die Nederlandse groep Sela se nuwe lied “Alles wordt nieuw”.
Uit die liriek:
Geef niet op en kijk vooruit
Altijd is er hoop
Jezus zal de koning zijn
God maakt alles nieuw, alles wordt nieuw
Zoveel getuigen zijn ons voorgegaan
Ook wij geven door, wat God heeft gedaan
Door de eeuwen heen en voor altijd
bouwt God zijn koninkrijk
https://youtu.be/F2V8Tr33N5Y