Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

Dag 11 van Meditasie-reeks #Brandpunt

June 11, 2022
Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude
Dag 11 van Meditasie-reeks #Brandpunt
Show Notes

Van kinderkransdae af onthou ek die liedjie, “Laat ons skyn vir Jesus”.  Lustig sing ons:  “jy in jou klein hoekie en ek in myn.”   So baie van ons leef ons verhouding met God so: elkeen in ons eie hoekie, heeltemal gelukkig en tevrede; dankbaar dat ons verlos is en hemel toe gaan. 

Dit is ‘n baie misleidende idee as jy dink jy kan jou geloof uitleef, so “in jou eie klein hoekie, rustig, soos ‘n Maria, aan die voete van die Here.” Tog is dit baie gewild - juis omdat dit so min van jou vra.  Ek onthou die woorde van ‘n teologiedosent in ‘n klas:  “As dit nie vir die vervolging was wat in Jerusalem begin het nie, het die evangelie dalk nooit die uithoeke van die aarde bereik nie.“   Dit is waar - waarvoor sal die Heilige Gees jou “braaf” maak, as braafheid nie nodig is nie?  Dit het die Jesusvolgers baie vinnig – aan hul eie lywe – ervaar.  

In Handelinge 11:19 kom daar ‘n stroomversnelling:  “Deur die vervolging wat na Stefanus se dood ontstaan het, is die gelowiges uitmekaar gejaag. Party van hulle het na Fenisië, Siprus en Antiogië toe gegaan, maar hulle het die woord aan niemand anders as net aan Jode verkondig nie.”  Al meer mense is in hegtenis geneem, en tog het “die woord van God verder versprei en veld gewen” (Hand 12:24).  Tog weet ons dat God selfs nóg groter planne gehad het: ‘n man, genaamd Saulus, wat “soos 'n besetene voortgegaan om die volgelinge van die Here met die dood te dreig” (9:1), het tot bekering gekom…   Die evangelie was vir alle mense bedoel!

Dit lyk vir my asof die Heilige Gees ons juis uit ons gemaksones wil stoot, en ons (soos Dietrich Bonnhoeffer gesê het) “in die arms van God wil werp”.    Was dit nie hoe Jesus geleef het nie?

GEBED:  Heilige Gees, ek wil graag bruikbaar wees vir die koninkryk – waar dit ook al mag wees.

KUNS-INSPIRASIE: Die skilder Caravaggio se kunswerk  “Bekehrung des Paulus”. (1600)

POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Brandpunt-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister.  Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/

MUSIEK: Op Dag 11 van #Brandpunt kyk ons na die nuwe musiekvideo van die groep Avalon Worship se weergawe van die lied "Rattle!". Die lied is aanvanklik geskryf deur Steven Furtick, Chris Brown, en Brandon Lake.

Uit die liriek: 

Saturday was silent, surely it was through
But since when has impossible ever stopped You
Friday’s disappointment is Sunday’s emptytomb
This is the sound of dry bones rattling
This is the praise 
make a dead man walk again
Open the grave, I’m coming out
I’m gonna live, gonna live again
This is the sound of dry bones rattling!

https://youtu.be/ahZFKBrHgTg