Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

Dag 14 van Meditasie-reeks #Brandpunt

June 14, 2022
Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude
Dag 14 van Meditasie-reeks #Brandpunt
Show Notes
In die antieke tye was dit net die gode beskore om wysheid te kon besit.  Dit kon dus net did gode wees wat aan mense ’n stukkie van hul eie “goddelikheid” aangee – gewoonlik ook net aan die koning.  Dit is te verstane dat Job gereken het dat wysheid baie meer werd is as pêrels (Job 28:18).  “Die wysheid, waar kom dit vandaan? Waar is die woonplek van die insig? Dit is verborge vir al wat lewe,” filosofeer Job (28:20,21).  En dan kom hy tot die gevolgtrekking:  “Net God weet hoe die pad daarheen loop, net Hy ken die woonplek van die wysheid” (28:23).  

 

Salomo – die koning wat as die wysste beskou was – het self gebid:  “Gee my wysheid en kennis dat ek hierdie volk reg kan lei, want wie kan uit homself hierdie groot volk van U regeer?” (2 Kron 1:10).  Wat die volk Israel van die buurvolke onderskei het, was (o.a.) dat “gewone” mense ook wysheid kon bekom – nie net die konings nie.  Hier is die resep om wysheid te bekom, skryf Salomo:  “Wysheid begin met die dien van die Here” (Spr 9:10).  

 

Dit is interessant dat die heel eerste gawe van die Heilige Gees wat Paulus in 1 Kor 12 beskryf, juis die gawe van wysheid is.  Nie omdat dit die belangrikste is nie - daardie eer kom liefde toe - maar , omdat goddelike wysheid “sonder bybedoelings is, en verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye” (Jak 3:17).  Jakobus noem dit “wysheid van Bo”.  Die teenoorgestelde van goddelike wysheid is selfsug,  selfverryking en selfbeheptheid.  Wyse mense stel die belange van hul medemens eerste.  Ai, hoe nodig het ons nie wyse mense nie!

 

Wysheid is die een geloofsgawe wat ons almal beskore is!  Daarom skryf Jakobus ook:  “As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee” (1:5).  

 

GEBED:  Dankie dat ek mag bely, Gees van Wysheid, dat ek ver tekort skiet en daarom ook mag bid:  gee my wysheid om nederig te bly.

 

KUNS-INSPIRASIE:  “Wisdom of the Lord” 1852-60 illustration by Julius Schnorr von Carolsfeld.

 

POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Brandpunt-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister.  Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/

 

MUSIEK:  Op Dag 14 van #Brandpunt kyk ons na die liriekvideo “Perfect Wisdom of Our God” deur Keith & Kristyn Getty.

 

 

Uit die liriek:

 

 

The perfect wisdom of our God,

Revealed in all the universe:

All things created by His hand,

And held together at His command.

He knows the mysteries of the seas,

The secrets of the stars are His;

He guides the planets on their way,

And turns the earth through another day.

 

https://youtu.be/hSnzYnOe6kI