Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

Dag 15 van Meditasie-reeks #Brandpunt

June 15, 2022
Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude
Dag 15 van Meditasie-reeks #Brandpunt
Show Notes

Ek het ‘n hele handvol wyse gelowiges in my lewe na wie ek gaan wanneer ek leiding nodig het.  Noem hulle “Span Wysheid”.  Nou wonder ek sommer of daar dalk kenmerke by hulle is wat my meer oor wysheid kan leer?  Een gegewe is dat hulle mense vol vreugde is!  “Vanselfsprekend!” sê hulle asof uit een mond, “hoe anders?”  Tog ken ek hulle lewens!    Ek weet van pynlike hartseer in elkeen se lewe.  Maar daar is ‘n tevredenheid wat diep in hul harte nes geskop het. Amper soos Moeder Teresa van Calcutta van wie iemand eenmaal gesê het:  daar is net soveel hartseerplooie in haar gesig, as wat daar blydskapsplooie is.  En as ek aan Moeder Teresa dink, kan ek haar net sowel “Moeder Wysheid” noem. Of “Ma Vreugde.”
 
Ek lees dat Rick Warren hierdie oor vreugde skryf:  “Vreugde is die vaste versekering dat God in beheer is van al die besonderhede van my lewe, die stille vertroue dat alles uiteindelik reg gaan wees en die vasbeslote keuse om God in elke situasie te loof.”

Net dit:  Weet! Vertrou! Kies! Weet:  God is in beheer!  Vertrou:  Alles sal reg uitloop!  Kies:  ‘n lewe van lof aan God!  


My “Span Wysheid” stem saam:  “Vreugde begin en eindig by God. In die begin het God sy vreugde laat oorloop en die heelal gevul met vreugde. Die sondeval het die vreugde egter versluier.  Die Kruis het die sluier weggeruk.  En nou, met die koms van die Heilige Gees is God - van voor af - weer besig om Sy vreugde vrylik te laat oorloop.” 
 

“Vol blydskap en vol van die Heilige Gees”(Hand 13:58). Só is wyse mense.
 

GEBED:  God  van Vreugde, toe U U skepping voltooi het, het U gesê, “alles is goed; alles is báíe goed.”  Laat ek dan met daardie ingesteldheid my lewe vir U leef. Vol blydskap en vol van die Heilige Gees.

KUNS-INSPIRASIE:  Die skilder Roman Bonchuk van die Oekraïne se “Mother Teresa” (2017).  Die kunswerk is in akriel en olie op hout.  Kyk na sy werk by: https://www.artmajeur.com/artist-roman-bonchuk

POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Brandpunt-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister.  Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/

Op Dag 15 van #Brandpunt luister ons na Tauren Wells se nuwe lied “When We Get There”.

Uit die liriek:

Can’t think of nothing better
Than endless joy forever
Can you feel it
Where rivers run with healing
Straight from the heart of Jesus
Can you see it

Tauren is 'n Amerikaanse Christelike pop-rock en R & B kunstenaar en 'n aanbiddingsleier by Lakewood Church, Houston, Texas. Hy is die voormalige leier vir die Amerikaanse Christelike poprockgroep Royal Tailor, wat twee albums oor 'n loopbaan vyf jaar vervaardig het en twee Grammy-benoemings en 'n Nuwe Kunstenaar van die Jaar-toekenning van die Gospel Music Association Dove Awards ontvang het. 

https://youtu.be/sqwd-bedmis