Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

Dag 21 van Meditasie-reeks #Brandpunt

June 21, 2022
Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude
Dag 21 van Meditasie-reeks #Brandpunt
Show Notes

In die Nuwe Testament lees ons etlike kere van hierdie “trio”:  geloof, hoop en liefde.  “En die grootste hiervan is die liefde!” (aldus 1 Kor 13:13).  Paulus ook aan ‘n ander gemeente, die keer in Tessalonika:  “Sonder ophou bring ons voor God ons Vader in herinnering die werk van julle geloof, die inspanning van julle liefde en die volharding van julle hoop op ons Here Jesus Christus” (1 Tess 1:3).  Later herinner hy hulle,“ons moet geloof en liefde as borsharnas dra en die hoop op verlossing as helm” (1 Tess 5:7).

Augustinus het so 300 jaar later gesê, “Daar is geen liefde sonder hoop nie, geen hoop sonder liefde nie, en geen liefde of hoop sonder geloof nie.”   Die drie is so inmekaar gevleg soos ‘n elektriese koord.  Trek jy een van die drade los, is die ganse koord nutteloos.  Etlike eeue later skryf ‘n ander teoloog, Richard Rohr, “Liefde is die bron en doelwit, geloof is die stadige proses om daar te kom, en hoop is die gewilligheid om vorentoe te beweeg (selfs al kan jy niks sien nie).” 

Blykbaar skiet die skaapwagtersboom in die Kalahari die diepste wortels van alle bome – tot 70 meter diep! Die wortels sal aanhou groei totdat hulle uiteindelik water kry.  So werk geloof wat in Jesus Christus gewortel is (aldus Kol 2:6).  Job 14:7 beskryf hoop as die takke van ‘n boom wat altyd weer sal uitspruit, al word hy afgekap.  Maar sonder liefde – die “alles” wat ‘n boom nodig het om ‘n boom te wees – daarsonder kan nie boom, of mens, nie!  Dit is liefde, ingevleg met geloof en hoop wat ons maak soos bome, “wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie” (Psalm 1:3).

Groei vandag!  God se liefde waarborg dit. 

GEBED:  Dankie dat U liefde my geloof en hoop in U versterk!   

KUNS-INSPIRASIE:  Foto van die Skaapwagtersboom (Boscia albitrunca) op “Witgat / Shepherd's tree (Boscia albitrunca)”- openbare groep op Facebook.  
 
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Brandpunt-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister.  Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/

MUSIEK: Op Dag 21 van #Brandpunt luister ons na die groep Poor Bishop Hooper se “Psalm 1”.

Uit die liriek:

oh the joy, the joy, the joy
of those who delight in the law of the lord
oh the joy, the joy, the joy of those
who meditate day and night in the law of the lord
let all my delight be only in
your sweet and right instruction
like trees along the river with leaves that never wither
everything they do will prosper in you

Poor Bishop Hooper is  die egpaar Jesse and Leah Roberts.   Albei kom uit klein dorpies in sentraal Kansas, het hulle begin skryf, opneem en saam optree na hul huwelik in 2013. ”Ons mees onlangse projek is ons mees ambisieuse nog. EVERYPsalm het op 1 Januarie 2020 begin en ons stel elke week 'n psalm-gebaseerde liedjie vry... totdat al die Psalms weer gesing word."

https://youtu.be/FVy6M1gWNmo