Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

Dag 24 van Meditasie-reeks #Brandpunt

June 24, 2022
Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude
Dag 24 van Meditasie-reeks #Brandpunt
Show Notes

In 1882 het ene A.J. Gordon in sy boek, “Ministry of Healing” geskryf, “Dit is nie vreemd nie dat wanneer die Kerk vergeet dat sy ‘n burgerskap in die hemel het en haar op aarde begin vestig in weelde en prag, dat sy ophou om die bonatuurlike gawes van die hemel te vertoon.”   

Van die “bonatuurlike dade” wat Jesus gedoen het, sien ons dat Jesus ‘n passie gehad het om siek mense gesond te maak.  Lukas, die dokter-skrywer, vertel hoe mense van oral gekom het “om na Hom te luister en van hulle siektes genees te word. …  Al die mense het Hom probeer aanraak, omdat daar krag van Hom uitgegaan het en Hy almal gesond gemaak het” (Luk 6:17-19).  Een van die mooiste verse vir my is in Hand 3:6 waar Petrus vir die verlamde man sê, “Geld het ek nie; maar wat ek het, gee ek vir jou: in die Naam van Jesus Christus van Nasaret, staan op en loop!”

Pyn en lyding bly een van die swaarste realiteite van ons menslike bestaan.  Hoeveel keer het jy nie al self op jou knieë gegaan en vir iemand se gesondheid (of jou eie) by die Here gaan pleit nie!  Tog, ten spyte van Paulus wat herinner dat die Heilige Gees die gawe van genesing uitdeel, is dit ook hy wat meermale sou bid dat God die “doring in sy vlees” moet verwyder.  Maar Paulus ontvang nie genesing nie; hy ontvang báíe meer – hy ontvang God se genade!  “My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is” (2 Kor 12:9).  

A.J. Gordon sou sekerlik saamstem dat die grootste “bonatuurlike gawes van die hemele” juis hierdie is:  dat God sy genade en sy krag oorvloediglik uitstort aan hulle wat daarvoor vra.   

GEBED:  Here, ek bid vandag vir mense wat U krag en genade en genesing nodig het!

KUNS-INSPIRASIE:  Ikoon van Lukas deur 17de-eeuse onbekende Russiese skrywers.   Tans in die Duitse Museum Recklinghausen. 

POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Brandpunt-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister.  Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/



MUSIEK:  Op Dag 24 van #Brandpunt kan ons nie anders as om te kyk na die musiekvideo van die inspirerende Phil Wickham se lied “Battle Belongs” nie. 

Uit die liriek: 
And if You are for me
Who can be against me (yeah)
For Jesus there’s nothing
Impossible for You
When all I see are the ashes
You see the beauty (thank You God)
When all I see is a cross
God You see the empty tomb

So when I fight I’ll fight on my knees
With my hands lifted high
Oh God the battle belongs to You
And every fear I lay at Your feet
I’ll sing through the night
Oh God the battle belongs to You


https://youtu.be/qtvQNzPHn-w