Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

Ronell gesels oor nuwe reeks: #WeesWys

June 22, 2022 Ronell Bezuidenhout
Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude
Ronell gesels oor nuwe reeks: #WeesWys
Show Notes

Die Bybel is ‘n biblioteek van 66 boeke.  En, net soos die boeke in ‘n biblioteek volgens kategorieë ingedeel word (bv. fiksie; biografieë; ekonomie; kookboeke, ensovoorts), so is die Bybelboeke ook in kategorieë ingedeel.  In die Ou Testament kry jy byvoorbeeld die Klein en die Groot Profete - in die Nuwe Testament kry jy weer al die briewe van Paulus saam gegroepeer.  Onder andere is daar is daar ook ‘n indeling wat ons noem:  “Wysheidsliteratuur.”  Dit is juis waaroor ons volgende reeks gaan.  Ek noem dit sommer:  “Wees Wys!”

Bybelse wysheid sou ons seker bloot kon definieer as om die lewe vanuit God se perspektief te bekyk.  Job 12:13 leer, “By God is wysheid en krag, by Hom is raad en insig.”  Wysheid is nie net sekere mense beskore nie!  Jakobus in sy brief herinner,  “As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.”   

Jy kan nie ‘n groter geskenk vir jou eie leefwêreld bied as wysheid nie!  Jy het gelukkig ‘n boek wat jou daarvoor kan toerus:  die Bybel is vol verhale van wyse mense met baie wyse raad om te volg.  Word wys … leef wys… WEES WYS!  Dit is ons Juliemaand-tema.  
Ek nooi jou uit om die daaglikse meditasie-boodskap op Facebook, Instagram en op ons webwerf te lees en op potgooi daarna te luister. 
Jy kan ook dit daagliks per WhatsApp ontvang, maar ingevolge die nuwe Popi-wetgewing moet jy self daarvoor inteken op die skakel onder.  (Behalwe as jy reeds deel van ons daaglikse WhatsApp groep is). 
Hierdie boodskapreeks werk op ‘n vrywillige donasie basis. Bydraes word wel opreg waardeer.  Ek is dankbaar vir die gawe van woorde en tegnologie om steeds in God se koninkryk te kan werk. Jou bydrae maak dit moontlik . 

Jy kan daarop staatmaak dat die boodskappe altyd op dieselfde tyd, via whatsapp, uitgestuur word.   Jy kan kies tussen 21:00 of 06:30 vir jou dagstukkie se lewering.  Ons deel ook ekstra inligting, video's en selfs musiek op Facebook en Instagram en die webwerf. 
Klik en lees meer:    https://ronellbezuidenhout.co.za/weeswys