Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

Dag 28 van Meditasie-reeks #Brandpunt

June 28, 2022
Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude
Dag 28 van Meditasie-reeks #Brandpunt
Show Notes

Daar is nog soveel om oor die Heilige Gees na te dink.  (Ons het nog nie eers oor die rol van die Heilige Gees in die Ou Testament gesels nie…)  Maar, laat ons steeds by Paulus stilstaan.  Aan die gemeente van Efese skryf Paulus:  “Die Heilige Gees is die waarborg dat ons ook verder sal ontvang wat God belowe het, wanneer Hy almal wat aan Hom behoort, volkome sal verlos” (Ef 1:14).  Soortgelyke woorde skryf Paulus ook in 2 Kor 1:21-22, ”God het ons vir Hom afgesonder, ons as sy eiendom beseël en die Heilige Gees in ons harte gegee as waarborg van wat ons nog sal ontvang.”

Hierdie woorde oor die identiteit van die Heilige Gees as waarborg, laat my dink aan die liefdestaal in Hooglied 8:6, “Hou my teen jou soos die seëlring op jou bors, soos die seëlring aan jou arm. Die liefde is sterker as die dood… dit brand en vlam soos vuur.” Hierdie beskrywing van die Gees wat aan ons gegee is, is die liefdesverklaring van God wat Homself aan ons verbind met ‘n verloofring; wetend daar wag ‘n huwelik!   Nie goud nie, wel God se eie self wat as pand gegee word.  Net God kan verloor, sou God nie God se eie belofte gestand doen nie.  Om destyds ‘n deposito te betaal, het impliseer dat – as jy nie meer met die transaksie kon voortgaan nie – jy nie jou deposito kon terugeis nie.  Jou deposito was dus ‘n letterlike waarborg dat jy ernstig was oor jou transaksie.

Presies dít is wie die Heilige Gees is:  die versekering dat jy die beloftes van God kan vertrou.  Nie net beloftes in hierdie lewe nie, maar ook in die lewe na die dood!  Jy het ‘n dubbele versekering:  Jesus en die Heilige Gees!  Daar is niks meer wat God kan gee as God self nie!

GEBED:   Dankie dat U beloftes nie van my afhang nie, my God, maar van U self.

KUNS-INSPIRASIE:  Hoofletter vir die “Lied van Salomo” die Winchester-katedraal.   Die inleidende  hoofletter tot die “Lied van Salomo” in 'n twaalfde-eeuse Latynse Bybel. Die Bybel is nou in die biblioteek van die Winchester-katedraal.

POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Brandpunt-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister.  Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/

MUSIEK:  Op Dag 28 van #Brandpunt kyk ons na ’n koor-uitvoering van “Set Me As A Seal Upon Your Heart” soos geskryf deur David Childs deur Deming High School Advanced Choir  en die  NMSU's University Singers. 

Uit die liriek:

Set me as a seal upon your heart,
as a seal upon your arm.
For love is as strong, for love is as strong as death,
as strong as death.
Many waters cannot quench love,
neither can floods drown it.
Many waters cannot quench love,
floods cannot drown it.
Waters cannot quench love,
neither can the floods drown it.
Set me as a seal upon your heart,
as a seal upon your arm.
For love, is as strong, for love is as strong as death.

https://youtu.be/PcZbFShzs9M

POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Brandpunt-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister.  Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/