Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

Hallo. Ek is Ronell Bezuidenhout.

June 28, 2022
Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude
Hallo. Ek is Ronell Bezuidenhout.
Show Notes

Hallo, ek is Ronell Bezuidenhout.  Ek het 'n digitale internetbediening en soms vra mense wat maak my skryfwerk uniek aan myself.  Of anders gevra, wat kan hulle verwag?


• Ek bly weg van maklike antwoorde; die snykant van die lewe het my self al te diep getref om te weet maklike antwoorde help ons nie.
• Ek is 'n opgeleide teoloog wat my lewe daaraan wy om verantwoordelik met die Bybel te probeer omgaan. Gelyktydig weet ek ook, selfs teoloë word deur die Heilige Gees verras; daar is altyd iets nuuts om te leer.
• Ek skryf vir mense wat "dieper" wil nadink as net die oppervlakige.  My gehoor is self mense wat al bietjie deur die meule van die lewe gegaan het.  Ek skryf dus nie oor die metaforiese "vitamines-vir-die-siel" nie.  Dalk skryf ek maar vir myself, oor dit wat ek self meer van wil weet, of wat ek moet leer.

Terloops, my internetbediening is gratis.  Dit word deur vrywillige donasies moontlik gemaak.   
 
Lees meer oor hierdie maand se reeks en registreer by: https://ronellbezuidenhout.co.za/weeswys