Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

Dag 27 van dagstukkie-reeks Lig

December 27, 2021
Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude
Dag 27 van dagstukkie-reeks Lig
Show Notes

 “Kersfees kom, Kersfees kom, gee aan God die eer…”.  So het ons reeds op die eerste Adventsondag begin sing – vol afwagting.  En toe kom Kersfees!  Die voorbereiding vir ‘n kersmaal, saamkuier aan ‘n tafel, geskenke uitdeel:  die jaar se hoogtepunt.  Die liggies flonker steeds aan die boom, maar verbeel jy jou dat dit dowwer lyk…  Wat nou?!

Baie mense kry swaar onder ‘n “Kersfees-blues”.  Jy voel soos ‘n balon wat lug verloof het.  Daar nie meer genoeg endorfiene wat jou vrolik en feestelik laat voel nie.  Ja, wat nou?!

Dit laat my dink aan Mark 8:2-8 toe Jesus drie van sy dissipels berg-op geneem het en dit vir hulle só ‘n geestelike hoogtepunt was  dat hulle daar wou bly.  (Amper soos kinders wat uitroep, “Kan dit nie maar altyd Kersfees wees nie?”)  Hoe min het hulle van die lang pad verstaan wat nog vir Jesus voorgelê het.   

Dieselfde het gebeur toe die dissipels stip-staar die hemelruim in na ‘n verdwynende Jesus.  Wat nou?!  Kon Hy nie maar nog ‘n rukkie langer by hulle bly nie?!  Wat nou?! Sonder dat hulle dit besef het, het twee mans in wit klere by hulle aangesluit.  “Galileërs, waarom staan julle so na die hemel en staar?”  (Hand 1:11).

Die profeet Elia het ‘n soortgelyke ervaring gehad na sy ontmoeting met God op die berg.  God het in die stil windjie verskyn, maar net daarna hoor hy ‘n Stem:  “Wat maak jy hier, Elia?” (1 Kon 19:13).  “Draai in jou spore om …”.   

Die lewe lê voor jou uitgestrek!  Die avontuur van ‘n nuwe jaar begin.  Moenie terugkyk-terugkyk leef nie.  Gaan voort.  Jy het mos die Ligtoring by jou.  Die lamp skyn by jou voete.  Staan op, en gaan LEEF!  God is mos by jou.

GEBED:  God-Immanuel, hou die boodskap van Kersfees lewend in my hart terwyl my voete en hande vorentoe beweeg.



CORDIS TRUST

Hierdie reeks word as Potgooie beskikbaar gestel deur die ondersteuning van die “Boodskap van Hoop”-inisiatief van Cordis Trust
 
www.cordistrust.co.za

Luister by: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/

MUSIEK

Op Dag 27 van #Lig luister ons na die opname van die inspirerende lied “Eurythmia” deur Ds. Albertus Louw en ’n musiekgroep van George. 

Uit die liriek:

Daar is ’n ritme in die wêreld 
Wat aanhou pols soos die gety
Dit is die ritme van die heelal
Dit pols deur alles, ook deur my 
Dis die hartklop van die Skepper
Die Een uit wie dit alles kom
Dit dra Sy wese en Sy lewe 
Dit is dinamies
Hy is die Bron 

Klik en luister na die opname op SoundCloud:
https://soundcloud.com/albertus-louw/eurythmia?utm_campaign=social_sharing&utm_source=mobi&utm_terms=top_curators.control


https://soundcloud.com/albertus-louw/eurythmia?utm_source=clipboard&utm_medium=text&utm_campaign=social_sharing