Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

Dag 28 van dagstukkie-reeks Lig

December 28, 2021
Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude
Dag 28 van dagstukkie-reeks Lig
Show Notes

Die woordjie “wag” voel vir baie mense soos ‘n passiewe aksie.  Daarom praat ons van “sit en wag”.  Wag is sinoniem met verveling.  In die Ou Testament is die woord vir wag: “kawah”.  Wie sou nou kon raai dat dit presies dieselfde woord is waarmee ons hoop in Afrikaans vertaal. Beide – wag én hoop - hou verband met gretigheid.  Dink nou maar aan Psalm 130:5 (1953-vertaling):  “Ek wag op die HERE; my siel wag, en ek hoop op sy woord.”  Die 1983-vertaling gee dit as, “Ek stel my vertroue in die Here, ek vertrou op Hom, ek wag op die vervulling van sy woord.”   

Ons wag nie meer op die koms van die Messias nie … Hy het reeds gekom. Ons wag op die vervulling van die volgende belofte:  dat Jesus weer sal kom en die finale verlossing sal kom.  Dit is ons “hoopvolle verwagting”.  Jy is doelbewus daarop ingestel, omdat jy weet dat dit enige oomblik kan gebeur.   

Ek het ‘n klein hondjie wat goed geleer is:  as ek vir haar die teken gee dat sy vir iets moet wag, sal sy gaan sit; elke spiertjie in haar lyfie is bewind van afwagting.  Sy kyk stip na my; ten volle teenwoordig.  Dit is die toppunt van “aktiewe wag!”  Sy wéét, enige oomblik kan die volgende opdrag kom.  Haar wag is gebou op vertroue. Dit is die ander implikasie van kabah.  So sê Jesaja 40:31: “Dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.”

Wag.  Hoop.  Vertrou.  Op die uitkyk wees.  Gretig inwag.  Met hierdie woorde kan jy die nuwe jaar tegemoet gaan.  Wetend, iets groots gaan gebeur!

GEBED:  Here, ek is op die uitkyk vir die vervulling van al U beloftes.  Wagtend.  Hoopvol.  



CORDIS TRUST

Hierdie reeks word as Potgooie beskikbaar gestel deur die ondersteuning van die “Boodskap van Hoop”-inisiatief van Cordis Trust
 
www.cordistrust.co.za

Luister by: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/

MUSIEK
Op Dag 28 van #Lig kyk ons na ’n musiekvideo van “Wait On You” deur Elevation Worship en Maverick City.

Uit die liriek:

I don’t believe in fairy tales
I guess I’ve outgrown them
But that doesn’t mean I don’t believe that there’s something bigger than me
Cause I’ve seen it in a hospital room 
When the doctor said 
Sorry there’s nothing more we can do
Well it wasn’t through
I’ve never seen a pot of gold at the end of a rainbow
But I’ve got a promise I can hold in the middle of the struggle
God if you said it You’ll perform it
May not be how I want You to
But here’s what I’ll do
I’m gonna wait on You
I’ve tasted Your goodness
I’ll trust in Your promise
I’m gonna wait on You

https://youtu.be/K3TYG7Q_fj4