Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

Dag 29 van dagstukkie-reeks Lig

December 29, 2021
Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude
Dag 29 van dagstukkie-reeks Lig
Show Notes

Kristie Herbst van Reebok, skryf:  Daar’s so baie donker wolke vanjaar, my Heer.  Ek ry deur loodgrys onweerswolke op pad terug van George.  Ek dink aan die groot vloed wat die dorp pas getref het, die verwoesting wat gesaai is! My hart is swaar en angstig oor wat voorlê. Toe ek weer voor my kyk, sien ek dit word ligter…al ligter.  Skielik breek die son deur spierwit opgestapelde wolkemassas in die verte.  Die blink druppeltjies skitter soos diamante teen my ruit. Ek weet dis U wat my nou verras met pure vreugde!! 

So ry ek die goue sonsondergang oor die see tegemoet, vol verwagting!

As U kom, Here, sal dit wees soos vandag; toe die wêreld vol lig was, so skoon, amper heel? ‘’Op goue vleuels”, soos netnou, toe ek langs die pad bly staan het. Net kon kyk, ongelowig, na die son, een vervlietende oomblik.

So verras en verlig U ons telkemale, sodat ons met nuwe oë kan begin kyk!  Om deur te kyk, verby die uiterlike omstandighede wat ons vaspen, is om waarlik te begin sien. Want “deurkyk is ryker as vasstaar.” Dan word ons las al ligter, sodat ons ook vir ander hul lewens kan verlig … sodat hulle las ligter kan word. 

Tuisgekom lees ek TT Cloete se “Van Mossies”:   Twee mossies iewers geteel / in Gods Raadsplan speel / en sing vroegdag in die prieel. / Alles is heel / in hulle heelal die son is geel / die blare groen niks skeel / hulle nie wat hulle begeer / is alles luidrugtig voorsien veer /  en kos ’n nes en seks en lig en meer / rojaal in hulle uitgedunde toonleer. 

En ek onthou:  “Julle is meer werd as báie mossies” (Matt 10:30).    Ek gaan die nuwe dag tegemoet, vol verwagting!

Gasskrywer:  Kristie Herbst, aktrise en skrywer, woon op Reebok.

GEBED:  Die dag kan ek ook tegemoet gaan, my Here, want ook vir my is alles heel en skeel niks nie; net soos vir die mossies!



CORDIS TRUST

Hierdie reeks word as Potgooie beskikbaar gestel deur die ondersteuning van die “Boodskap van Hoop”-inisiatief van Cordis Trust
 
www.cordistrust.co.za

Luister by: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/



MUSIEK

Op Dag 29 van #Lig kyk ons na die liriekvideo van Jason Gray se lied  “Sparrow”.  

Uit die liriek:

You can't add a single day by worrying
You'll worry your life away
Oh don't worry your life away
You can't change a single thing by freaking out
It's just gonna close you in
Oh don't let the trouble win
You may feel alone
But you're not on your own


https://youtu.be/wRJZQFRyZ6s