Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

Dag 2 van meditasie-reeks #CarpeDiem

January 02, 2022
Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude
Dag 2 van meditasie-reeks #CarpeDiem
Show Notes

Dit is ‘n troos dat God se onverdeelde trou waghou oor elke dag van ‘n jaar.  Dat elke dag van hierdie jaar vir God so kraakvars soos ‘n nuwejaarsdag is.  Presies soos Moses dit in Deut 11:10-12 belowe.  Hoe moes die Israeliete nie met afwagting uitgesien het na die nuwe lewe wat vir hulle in Kanaän inwag nie.  Behalwe dat daar ‘n vereiste was:  Bly getrou aan God se gebooie.  Dien God met hart en siel (v13).  Net dit.  

Die vraag is, kan enige mens aan hierdie vereiste voldoen?   Antwoord self of jy kan… Israel kon nie.  Dit was nooit God se bedoeling dat Israel (en ons) vanuit eie krag aan God getrou sou bly nie.  Soos Moses hulle juis herinner:  “Die Here het jou nie liefgekry en gekies omdat jy groter was as die ander volke nie, jy was die kleinste van almal” (Deut 7:7).  God wou – wil - juis aan die ganse mensdom wys hoe genade lyk.  Dit het nog nooit opgehou nie!  Jy hoor juis die troos wat Paulus ook moes ontvang: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is”  (2 Kor 12:7-10).

Waarom so vroeg in die nuwe jaar op hierdie manier begin?  Want ons ganse jaar balanseer op hierdie enkele woordjie:  GENADE.  God se goedheid hang nie van jou af nie.  God se getrouheid hang nie van jou af nie.  Dat God jou liefhet hang ook nie van jou af nie.  As jy dit verstaan, sal jy alles van genade wil leer ken. Dan sal jy so na as moontlik aan Genade wil leef. Dan word dit die woord wat ‘n verskil aan jou ganse lewe maak!    

GEBED

Leer my, Genadige God, om in hierdie jaar met die regte woord te begin.
 
POTGOOIE SAAM MET CORDIS TRUST 

Jy kan die dagstukkies van die #CarpeDiem -reeks  daagliks op alle bekende potgooi-platforms volg met die ondersteuning van die “Boodskap van Hoop”-inisiatief van Cordis Trust.  Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/

MUSIEK
Op Dag 2 van #CarpeDiem kyk ons na ’n video-opname van die bekroonde Harmonious Chorale van Ghana se uitvoering van “My God Loves Me”.  Die verwerking vir die koor is deur Augustine Sobeng gedoen. Luister hoe asemrowend mooi sing die soliste Joshua Mingle en Kenniwort Buckson.

Uit die liriek:

My God loves me, His love will never end.
He rests within my heart for my God loves me.
His gentle hand, He stretches over me.
Though storm-clouds threaten the day, he will set me free
He comes to me, in sharing bread and wine.
He brings me life that will reach past the end of time.


https://youtu.be/ht7lnPyzOdY