Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

Dag 4 van meditasie-reeks #CarpeDiem

January 04, 2022
Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude
Dag 4 van meditasie-reeks #CarpeDiem
Show Notes

“Here, leer my hoe om u voorskrifte uit te voer, sodat ek my tot die einde toe daaraan kan hou. Gee my insig, dat ek u wet kan gehoorsaam en dit met my hele hart kan onderhou. Laat my wandel volgens u gebooie, want daarin vind ek vreugde. U verordeninge, laat dié my na aan die hart lê, nie die begeerte om myself te verryk nie.  Weerhou my van 'n nuttelose lewe, laat my leef op die weg wat U aanwys. Vervul ook aan my die belofte wat U gegee het aan dié wat U dien.”  So skryf die skrywer van Psalm 119:33-38.

Die Kerkvader, Irenaeus, die biskop van Lyon,  het ‘n bekende wysheid nagelaat:  “God word verheerlik deur iemand wat werklik leef en nie maar net bestaan nie.” (“The glory of God is a human fully alive.”)  Dit klink soos die wonderlike woorde van Deut 30:19:  “Kies die lewe!”  Of soos die psalmdigter bid, “Weerhou my van ‘n nuttelose lewe.”  

Leer my hoe om te leef!  Dalk is dit die gebed wat ons ook hierdie jaar oor-en-oor moet bid.  As ek die hele Deut. 30 lees, en so ook Psalm 119, ontdek ek een ding:  ‘n lewe wat fokus op God en op God se wil is ‘n lewe wat betekenisvol geleef word.   Dadelik spring die profeet Miga se woorde in my kop:  “Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God.  Om die Here te dien, dit is wysheid.” (Miga 6:8-9).  
Só kies jy die lewe!  Só word jy van ‘n nuttelose lewe weerhou! Só lyk wysheid!

GEBED
Vandag bid ek vir wysheid:  weerhou my van ‘n nuttelose lewe, Here!  

POTGOOIE SAAM MET CORDIS TRUST 

Jy kan die dagstukkies van die #CarpeDiem -reeks  daagliks op alle bekende potgooi-platforms volg met die ondersteuning van die “Boodskap van Hoop”-inisiatief van Cordis Trust.  Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/


MUSIEK
Op Dag 4 van #CarpeDiem kyk ons na ’n musiekvideo-opname van “Neem my hele lewe” soos gesing deur Retief Burger. Die lied was deel van die destydse DKM-Gospel op KykNet en was ingeskryf ingeskryf deur Lufuno Muthala en span. 
https://youtu.be/Fi9CfTkfG2k