Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

Dag 7 van meditasie-reeks #CarpeDiem

January 07, 2022
Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude
Dag 7 van meditasie-reeks #CarpeDiem
Show Notes

Het jy al ooit sommer net bietjie gepeins oor die spore wat jy in die lewe nagelaat het.  Die natuur wys duidelik dat al ons spore nie positief is nie; nageslagte lank na ons gaan ly a.g.v. óns spore.  Blykbaar gee die gemiddelde volwassene 3000-5000 tree ‘n dag.  (Ons is maar lui!  Dit behoort blykbaar 10 000 te wees!)  Nietemin, kan jy gister se tree “terug tree”?  Dalk terugdink oor die mense wat jou “tree teëgekom” het.  Die mense in wie se harte jy spore nagelaat het.   Sommige spore is vlak … dit word soos sandspore vinnig weggespoel.  Sommige spore is soos ingegraveerde merke op rotse – dit kan haat en hoop na laat.  Nie net in ander se lewe nie, ook in joune!

In Efesiërs 5 (uit die 1953-vertaling) leer ons baie oor die tipe spore wat ons moet nalaat:  “wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het” (v2).  In vers 8 herinner hy, “Vroeër was julle duisternis, maar nou is julle lig in die Here — wandel soos kinders van die lig.” In vers 15 sê hy weer, “Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse.”  

Hoe ons leef maak saak!  Wat ons nalaat maak saak!  “Talk the talk and walk the walk” sê ons in Engels.  Daarom leer Paulus, “Laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping wat julle van God ontvang het” (Ef 4:1).  As jy wonder hoe om “goeie spore” na te laat, hier is praktiese raad:  “Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde” (Ef 4:2).  Of soos die digter van Psalm 119:133 skryf, “Maak my voetstappe vas in u woord, en laat geen ongeregtigheid oor my heers nie,” bid die (1953).

GEBED
Here, maak my bewus van my doen en my late!  Laat dit pas by U voorbeeld.

POTGOOIE SAAM MET CORDIS TRUST 

Jy kan die dagstukkies van die #CarpeDiem -reeks  daagliks op alle bekende potgooi-platforms volg met die ondersteuning van die “Boodskap van Hoop”-inisiatief van Cordis Trust.  Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK




Op Dag 7 van #CarpeDiem kyk ons na ’n musiek-video die Poolse sang-egpaar Fisheclectic se lied “Chcę widzieć Cię” wat “Ek wil Jou sien” beteken.

Uit die liriek:

if I want what You don't want
Stop me and tell me what You want
If I go where You are not going
Stop me, don't let me go any further
Whatever I do for my own glory
Stop me and examine my heart
When I judge others without love
Stop me and destroy my pride
When I'm afraid of what others will think
Stop me. It is important what You think
When I only care about what is mine
Stop me and break my heart
I want to see You in my life

https://youtu.be/Ptd33KfWoP0