“Carpe Diem” roep ons mense toe! “Gryp – of eerder ‘pluk’ - die dag.” Maak die beste gebruik van elke geleentheid, sê Paulus.
Horates, die Romeinse digter wat 2000 jaar gelede geleef het, het ook hierdie woorde gebruik, én meer: Volgens hom was dit: “Gryp die dag, want van môre is jy nie seker nie.”
Christene glo anders – ons sê ook, “gryp die dag aan”, juis omdat jy van môre seker kan wees.
Jy kan juis vandag voluit leef, omdat môre, soos vandag, aan God behoort.
Daar is niks so wonderlik soos die begin van ‘n nuwe jaar nie! Die lewe lê uitgestrek voor ons. Die Psalmdigter het gebid dat hy tog bewaar moet word van ‘n nuttelose lewe. Hoe lyk die teenoorgestelde van ‘n “nuttelose lewe”? Het dit te make met 'n langer wenslysie (bucket list)? Uitdagender avontuur? ‘n Voller dagboek?
Die teenoorgestelde van iemand wat ‘n “nuttelose lewe”leef is daardie mens wat wysheid en insig het.
Kom ontdek met hierdie splinternuwe reeks, “Carpe Diem”, hoe jy in 2022 dit jou lewensleuse kan maak.
Ontvang elke oggend of aand 'n meditasie as ‘n boodskap met bypassende musiek op Whatsapp op jou foon. Lees elke dag die volle meditasie op Facebook, Instagram óf op ons webwerf.
Luister in jou motor op pad na werk of skool, of sommer net as jy rustig ‘n oggendkoffie geniet, na die meditasie in potgooi-formaat op Spotify, Itunes, Deezer of enige bekende potgooiplatform.
“Pluk daagliks die vrugte van wysheid”. Dit sal van die jaar ‘n betekenisvolle jaar maak en van jou lewe ‘n betekenisvolle lewe!
Dankie dat jy saam met ons die lewe aangryp. Carpe Diem!
https://ronellbezuidenhout.co.za/carpediem