Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

Veelkleurig Episode 64: Ronell gesels met Liomee Vosloo

January 05, 2022 Ronell Bezuidenhout
Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude
Veelkleurig Episode 64: Ronell gesels met Liomee Vosloo
Show Notes

Liomee Vosloo is ‘n borrelende, bruisende vrou met min maskers, en ‘n hart wat oorloop van liefde.  Hoe sy al haar lewensballe so hoog in die lug kan hou én steeds haar gesin as haar hoogste prioriteit hou, is iets om te bewonder. 
Haar hart behoort onvoorwaardelik aan God! Na ‘n traumatiese motorongeluk en wonderbaarlike herstel, begin haar pad as ‘n passievolle geloofsgetuie.   Saam met haar man doen hulle vir twee jaar lank saam sendingwerk by ‘n radiostasie in Zambië.  Terug in Suid-Afrika hervat sy haar werk as joernalis en word ook ‘n radio-aanbieder.  Sy is deesdae die aanbieder van Leef, ook deel van die Radio Kaapse Kansel span; jy ken haar ook as die mede-aanbieder van “Get Up & Go” saam met Brad Kirsten.

Sy is die stigter en projekbestuurder van die Afrikaanse webreeks genaamd @niePlastiek:  ‘n jeugplatform, wat duisende jongmense met die evangelie bereik en hul lewens met stories verander.  Soos die subtitel op die webwerf sê, “Ons praat oor die goed waarop jy antwoorde soek; die stories van ‘n lewendige God in ‘n ‘plastiek’ wêreld.”  Sy skryf (o.a.) vir die tydskrif Finesse en het ook in 2020 haar eerste boek, “Rou Real Rebel vir Jesus”, publiseer.
Op 5 Januarie 2022 is Liomee Vosloos die gas van Ronell Bezuidenhout in haar weeklikse gespreksprogram, #Veelkleurig.   

Kyk gerus Woensdagaand, 20:00, na hierdie twee vroue se veelkleurige gesprek.  

Die episode van #Veelkleurig beeldstroom gelyktydig op Facebook, YouTube en Instagram. Jy kan dit dan ook as ’n potgooi luister op Spotify, Deezer, Amazon, Apple en ander potgooiplatforms. Onthou die episode bly op al die platforms beskikbaar om later te kyk of te herkyk. 


You Tube:   
https://youtu.be/G87MMIix7Sw
Facebook:   https://www.facebook.com/ronellbezuidenhoutpage
Instagram:  @ronellbezuidenhoutSA
Potgooie:  https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/


#Veelkleurig #LeefHoop #Lig