Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

Dag 8 van meditasie-reeks #Carpe Diem

January 08, 2022
Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude
Dag 8 van meditasie-reeks #Carpe Diem
Show Notes

Op geen manier het ek dit voorsien nie:  ‘n week gelede het ons – luid en vrolik – die nuwe jaar ingewag.  ‘n Week later lê ek en my huismense in die bed:  Covidpasiënte. Al wat ek wil doen is slaap; die moegheid is oorweldigend.  Die allerlaaste gedagte in my opgepofde brein is om ‘n meditasiestuk te moet skryf!

Om voluit te leef beteken allermins dat jy net die “goeie” dae wil pluk nie. Jy pluk álles, totdat die mandjie vol is!  Soms val jy van die leer af; dan lê jy maar ‘n ruk en staan dan kreunend op - die mandjie is mos nog nie vol nie…
Op hierdie presiese oomblik waar my hande ongeïnspireer op die toetsbord lê; my verkoue-oë net staar; kom die woorde van die Aäronitiese seën (Num 6:25-26) by my op:  “Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee!”  Is ek skielik gesond?  Nee, glad nie!  Ek is wel uit die veld geslaan oor die Goddelike Inspirasie wat langs my kom sit in die bed!  Ek glo dat die Israeliete etlike kere só moes gevoel het: te moeg om aan te gaan.  Dan het hulle mekaar herinner aan Die Belofte!  

Carpe Diem gaan nie oor ‘n “gelukkige jaar, met alles wat mooi is op jou pad” nie. Carpe Diem is om God te vertrou!  Om God se beloftes te vertrou.

GEBED:  Here, wanneer daar in my lewe die “afval-van-die-lëer-af-dae” kom, laat my onthou dat U die God is vol beloftes! 

POTGOOIE SAAM MET CORDIS TRUST 

Jy kan die dagstukkies van die #CarpeDiem -reeks  daagliks op alle bekende potgooi-platforms volg met die ondersteuning van die “Boodskap van Hoop”-inisiatief van Cordis Trust.  Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK

Op Dag 8 van #CarpeDiem kyk ons na  “The Lord Bless You and Keep You” soos gesing deur die stem- en sangkunstenaar Acapeldridge. 
https://youtu.be/C3V4paAmFiM