Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

Dag 10 van meditasie-reeks #Carpe Diem

January 10, 2022
Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude
Dag 10 van meditasie-reeks #Carpe Diem
Show Notes

Opera Winfrey het toentertyd die eerste saadjie by my geplant van 'n dankbaarheidsjoernaal. Volgens haar moes jy saans voor slaapptyd aan 5 dinge dink wat daardie dag gebeur het waarvoor jy dankbaar is.  Dit skryf jy dan in jou joernaal neer – veral om te lees op jou meer “koponderstebo-dae”.  Nie ‘n slegte idee nie!  Behalwe dat Ignatius van Lyola dit in die 16de eeu reeds aanbeveel het. 

Ignatius, ‘n priester, se droom was dat àlle gelowiges die vreugde van God se teenwoordigheid moes ken.  Nie net intellektueel nie, maar ook emosioneel. Hy het gesê dat as ons "meer bewustelik" met ons lewe omgaan, ons sal ontdek hoe en waar God – elke oomblik van die dag - in ons lewe werksaam is. Begin jouself bloot saans afvra waar en in watter persoon jy God teëgekom het. "Wie was vir jou die hande en voete van God?" En, "vir wie kon jy dit wees?" 

Begin net eers aan 5 insidente dink. Algaande sal dit vanself meer word, hoe meer jy geoefen is om dit raak te sien.  Onthou, die doelwit is nie om net "kennis te neem" nie, maar om met God daaroor te gesels. Dan vind jou dankbaarheid - die rede vir jou bestaan.

As Psalm 9:2 sê, "Ek wil die Here loof met my hele hart; ek wil al u wonders vertel" dan is elke plek waar en elke mens by wie jy God deur die dag teëgekom het mos ook 'n wonder. Begin deur dit vir jouself uit te lig.

Hoe meer jy die Heilige Gees toelaat om jou van God se werk bewus te maak, hoe meer betekenisvol raak jou lewe!

GEBED: God van wonders, U is ons Immanuel God.  Open my oë vir U teenwoordigheid, dat ek kan sien hoe U my beker van dankbaarheid laat oorloop.

MUSIEK: Op Dag 10 van #CarpeDiem kyk ons na ’n video-opname van die Sweedse blokfluit-speler, Kristine West, se sielvolle uitvoering van Jacob van Eyck se komposisie van Psalm 9.  Kristine kom uit die woudagtige Hälsingland-provinsie van Swede en het met folk-musiek as haar musiekbasis, uitgereik na vroeë musiek asook kunsmusiek en haar op die wêreldtoneel as ’n instrumentalis gevestig. 
Jacob van Eyck (1590 – 26 Maart 1657) was 'n Nederlandse edelman en musikant. Hy was een van die bekendste musikante van die Nederlandse Goue Era en het as 'n carillon-speler en tegnikus, 'n orrelis, 'n opnemer virtuoos en komponis gewerk. Hy was ook 'n kenner van klokkespel. Hy is bekend vir sy versameling van 143 melodieë vir die blokfluit, Der Fluyten Lust-hof, die grootste werk vir 'n solo-instrument in die Europese geskiedenis.
https://youtu.be/V2OyavJUoq0


POTGOOIE:  Jy kan die dagstukkies van die #CarpeDiem -reeks  daagliks op alle bekende potgooi-platforms volg met die ondersteuning van die “Boodskap van Hoop”-inisiatief van Cordis Trust.  Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/